
Uit die hoof se kantoor

Baie welkom by Hoërskool Sand du Plessis se webwerf.
'n Groot verskeidenheid inligting word beskikbaar gestel op ons webwerf en u kan gerus tyd spandeer om uself te vergewis van wat ons alles doen en aanbied. U kind se geluk en voorspoed lê ons na aan die hart en u word uitgenooi om, sou u dit verlang, ons te kontak vir meer inligting.
Ons web word gereeld opdateer en kan gerus gereeld hier kom loer oor nuus en ander gebeure.
Vriendelike Groete,
R J DOUBELL
SKOOLHOOF

