RADIKALE REDENAARS

Sannies vaar puik en almal behaal 85% en hoër. In die tweetaligheidsafdeling is daar  minder deelnemers en Deon van der Berg (gr 12) en Courtney Wilbraham (gr 12) asook Ronel Lambinon (gr. 12) dring deur na die nasionale rondte. Johan Lambinon (gr 9) dring deur na die Vrystaatrondte.

Die nasionale uitslag was baie kop-aan-kop. Courtney Wilbraham behaal ’n vierde plek, Deon van der Berg ’n vyfde plek en Ronel Lambinon ’n vyfde plek.

INTERNE REDENAARSKOMPETISIE

Die jaarlikse redenaarskompetisie is weer vanjaar  op 1 Aug. goed ondersteun. Die trofeëwenners vir die prysuitdeling is soos volg :
Junior dogter – Kimberleigh Julius
Junior seun – Johan Lambinon
Senior dogter – Ronel Lambinon
Senior seun – Franco Smith
Tweetaligheid – Courtney Wilbraham