Die Revue- en Trompoppiefees het van 15 ―18 Augustus 2016 in die Sand du Plessisteater plaasgevind. Maande se harde werk en lang ure se oefen het vrugte afgewerp. Die Revue groei jaarliks en is nie net ’n hoogtepunt op Sand du Plessis se kalender nie, maar is een van die grootste produksies wat jaarliks in die Sand du Plessisteater aangebied word. Die fees word elke jaar net groter en groter. Daar het hierdie jaar 30 skole deelgeneem en dit dien voorwaar as ’n toonvenster vir wat die Hoërskool Sand du Plessis bied.

Die volgende matrikulante was vier tot vyf jaar lid van die Revue:

Ilani Coetzer

Charné Janeke

Ankia van Heerden

Rulandi Faul

Twané Venter

Inge Bronn

Janke du Plessis

Theuns Hanekom

Jean Marais

JG Oberholzer