Dit het besonder goed gegaan met Sannies se hokkie gedurende die 2016-seisoen.

Die 0/18A-seunsspan het vanjaar sewende in die 0/18B-liga geëindig.

Drie van die seuns het dan ook Vrystaatspanne verteenwoordig, naamlik; Tokelo Lekulo 0/19B, Wayne Pietersen 0/16B en Ruan Rossouw 0/14B.

Daar was vier dogterspanne, naamlik; die 0/18A-span wat in ’n baie spannende uitspeelwedstryd teen Ladybrand gewen het en uiteindelik derde geëindig het. Die 0/16A-span het ook derde in die 0/16C-liga geëindig, waarop ons ook baie trots is.

Die 0/14A-span was natuurlik vanjaar se hokkietrots. Hulle het altesaam agt wedstryde gespeel en slegs die heel eerste wedstryd teen CBC se A-span verloor. Gelukkig kon hulle daarvoor opmaak toe hulle CBC weer die stryd in die liga se finaal aansê. Met pragspel deur die liga is hulle dan as ligawenners van die 0/14B-liga beloon.

Rhiannon Heward en Xenadeen Maasdorp is ook gekies om die 0/14B-Vrystaatspan te verteenwoordig. Xenadeen moes egter onttrek omdat sy ook ’n Vrystaatse netbalspan moes verteenwoordig.

Ons is voorwaar trots op al ons hokkiespelers en sien uit na ’n blink hokkietoekoms.

Baie dankie aan elke speler en afrigter vir jul harde werk en deursettingsvermoë tot die einde.