Aan die einde van die 2016-seisoen en met die begin van die nuwe seisoen is ons baie positief oor die skool se krieket. Die 0/19-span is nou vir vier jaar agtereenvolgens die liga-wenners en onoorwone. Die matrieks verlaat ons wel, maar ons is baie positief dat albei spanne weer goed op die sportveld gaan presteer.

Ons is baie trots daarop om te sê dat twee van ons 0/15-seuns in die Suid-Vrystaatspanne opgeneem is. Deanu Zietsman was deel van die 0/15B-Suid-Vrystaat- en Keanu Cameron deel van die 0/15C-Suid-Vrystaatspan. Hulle het in Welkom om die Vrystaattitel deelgeneem. Mnr. Ackerman is ook gekies om op te tree as Suid-Vrystaatkeurder.

Die krieketnette word opgegradeer om die seuns beter te kondisioneer vir die nuwe seisoen.

Dankie aan elke seun wat gereeld oefen en ook hulle talente hier kom uitleef. Sonder julle kan die krieket nie ’n sukses wees nie. Dankie vir elke onderwyser wat hulle tyd opgeoffer het om hierdie seuns te ontwikkel. Sterkte aan die seuns en personeel vir die nuwe seisoen.