Die netbal van Sand du Plessis gaan van krag tot krag. Daar het hierdie jaar elf spanne aan die liga deelgeneem. Die spanne het baie goed gevaar.

Die eerste netbalspan het vanaf 29 Maart tot 1 April 2016 na Potchefstroom getoer waar hulle afrigting by die Protea hulpafrigter, Dorette Badenhorst, ontvang het

In die verlede is daar Suid-Vrystaatspanne gekies en ons het verlede jaar vier spelers in daardie spanne gehad, terwyl ons vanjaar vyf in die Vrystaatspanne het. Die volgende leerders is opgeneem in Vrystaatspanne in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.

0/14: Xanadeen Maasdorp

0/15: Leona Sisita; Micaela Meyer

0/18: Theresa Brooks

0/19: Tarryn Saaymans

Carlien Swanepoel is ook opgeneem in die Bokkie 0/16-span.

Die netbalseisoen is op 28 Julie afgesluit. Sand du Plessis het die beste in jare in die onderskeie ligas gevaar. Sewe spanne het aan die semi-finaal deelgeneem, waar vier spanne deurgedring het na die finaal. Vier spanne, insluitend die tweede span, 0/19C- en D- asook die 0/14A-span het hulle onderskeie ligas gewen.

Baie geluk aan elke afrigter en speler. Baie dankie vir u ongelooflike toewyding en opofferinge op en van die baan af. U is die hartklop van Sannies.