Hoërskool Sand du Plessis het vanjaar drie spanne in die skole-blackball-liga ingeskryf. Span A en Span B bestaan uit seuns en Span C bestaan uit meisies. Alle ouderdomme en geslagte speel iewers in die liga teen mekaar, selfs ons eie spanne speel teen mekaar.

Leerders oefen Maandae-aande van 17:00 – 19:00 by Tempe se Cue Ball Academy onder die Suid-Afrikaanse afrigter kol. David Kriel. Hulle speel Vrydae vanaf 14:20 – 17:00 wedstryde teen skole soos Grey, JF, Sentraal, Eunice, Oranje, Tjokkies en Pres Steyn.

Mnr. JH Stoltz, mnr. K Nel en mej. R van der Walt is die koördineerders van die spanne.

Uitslae

Span   Liga's gespeel   Wen   Verloor   Gelykop
A   10   6   4   0
B   9   6   3   1
C   10   4   6   0

Vrystaatproewe

Brendon Pieterse haal die Vrystaat D-span.

JP Nel is ’n reserwe vir die Vrystaat D-span.

Corné en Tiaan Mȍller, asook André Liebenberg word aangewys as skeidsregters vir die SA Kampioenskap.

Uitslae tydens Julievakansie

Corné Mȍller gr. 11

Kry Blackball Vrystaatklere en neem aan die SA’s deel gedurende die Julievakansie.

Hy is deel van die Vrystaat B-span waar hy 15 wedstryde wen en 76ste in SA eindig.

Hy kry Blackball Vrystaatklere as skeidsregter. Hy moes prakties doen en ’n toets skryf, waar 70% behaal moet word. Corné behaal 73%.

Hy neem deel aan die SA Nineball en vorder tot by semi-finaal.Corné is ook gekies om in China te gaan deelneem om sodoende sy SA-klere in Blackball te ontvang.

Corné word aangewys as Blackballspeler van die jaar.

JP Nel gr. 12

Kry Blackball Vrystaatklere en neem aan die SA’s deel gedurende die Julievakansie.

Hy is deel van Vrystaat Skolespan 1 en eindig 83ste.

Hy neem deel aan SA Nineball en val in die eerste twee rondtes uit.

Tiaan Moller gr. 11

Kry Blackball Vrystaatklere as skeidsregter.

Hy moes prakties doen en ’n toets skryf en hy behaal 85%.

Hy neem deel aan die SA Nineball en val na drie wedstryde uit.

Andre Liebenberg gr. 12

Hy kry Blackball Vrystaatklere as skeidsregter.

Hy moes prakties doen en ’n toets skryf en behaal 71%.

Algehele plekke van spanne

Span A: 5de

Span B: 7de

Span C: 12de