Aan die einde van die jaar kyk ons terug na ʼn vol program wat verby is. Die seisoen van 2016 is deur uitnemendheid gekenmerk. Gedurende die Maart-/Aprilvakansie is ʼn baie aangename toer na Parys, ter voorbereiding vir die seisoen wat voorlê, onderneem. Ongeveer twaalf skole van oor die land het aan die rugbyfees te Parys deelgeneem en die kompetisie was van hoogstaande gehalte. Die seuns het hulle baie goed van hulle taak gekwyt.

Baie dankie vir die spanne se afrigters, mnre: Leon Goosen, JH Stoltz, Jan-Carel Steyn, Janus van Reenen, Conray Flynn, Heinru Bakema, Jaco Ackerman en Roelof Kotzè. Julle harde werk en entoesiasme gaan nie ongesiens verby nie.

Baie geluk aan die 0/15-, 0/16-, tweede- en eerstespanne wat almal in die semi-finale van die stadsliga gespeel het. Harde werk word beloon.

Baie geluk aan ons eerstespan wat die finaal van die Kovsies Colt-liga gewen het.

ʼn Spesiale woord van dank aan ons twee eerstespanafrigters, mnre. Kotzè en Ackerman. Julle positiewe houding en wonderlike wyse waarmee julle met die kinders gewerk het op en van die veld, is definitief weerspieël in die resultate van die seisoen.

Baie geluk ook aan mnre. Goosen en Ackerman wat onderskeidelik verkies is in die Vrystaat 0/19Kiewiete- en 0/16-spanne as afrigter en spanbestuurder.

Na afloop van die seisoen kan daar met sekerheid gesê word die maroentrui is met trots in die 2016-seisoen gedra.

Die volgende seuns is ingesluit in verteenwoordigende spanne in 2016:

0/19 Vrystaat Kiewiete:

JJ Marais(o)

Andrè van der Berg

Nicky Hattingh(K)

Timothy Jones

Enrico Vermaak

William Bloem

0/16 Vrystaat Kiewiete:

Bradley Bokhary

Victor Maloney

Kobus Dorfling

Bennie van Heerden

Lourens Venter

Tommie Bloem

Daniel Gifford

Shane Nienaber

0/15 Vrystaat Ontwikkelingspan:

Henrico Vermaak

Nicky Hattingh is as beste agterspeler en beste nommer 9 by die VKB toernooi aangewys. Hy is ook vir die SA Plattelandspan gekies wat in Oktober na Engeland en Wallis getoer het.

ʼn Laaste woord van dank aan al die seuns vir die lekker seisoen, ook aan al die ouers wat ons skool so ywerig op en van die veld ondersteun het. Baie dankie, dit word opreg waardeer. Sand du Plessis sien uit na ʼn nog beter seisoen in 2017.