Hierdie jaar was daar nege skaakspelers wat gereeld Maandae en Woensdae geoefen het. Daar is een span in die Bloemfontein Hoërskole se 0/19C-liga ingeskryf. Die leerders het gedurende die tweede en derde kwartaal op Woensdae deelgeneem aan die ligas by Grey Kollege Sekondêr. Ons het derde in die 0/19C-liga geëindig.

Baie dankie aan elke skaakspeler vir hulle mooi gesindheid en goeie sportmangees gedurende die jaar.