Ons seuns het hul ligawedstryde vir die jaar in die derde liga van die Bloemfontein Skoleliga voltooi. Ons het teen Bloemfontein H/S verloor, maar teen St. Andrews en Sentraal gewen. Ons seuns het ’n paar beserings gehad, maar ons kon gelukkig al ons wedstryde voltooi en derde in die liga eindig. Baie geluk!

Ons dogters het al hul ligawedstryde in die vierde liga van die Bloemfontein Skoleliga gewen en daarmee die liga gewen. Baie geluk aan hierdie meisies! Die meisies het die skool mooi verteenwoordig en Sannies se naam hooggehou!