Sannies nuus

comments

Afr add

 

Eng add

Die matriekklas van 2016 het besonders goed presteer en bewys dat harde werk altyd beloon word.  Baie geluk aan Ronel Lambinon wat sewe uit sewe onderskeidings ingepalm het, ons wens haar sterkte toe waar sy haar mediese loopbaan aan die Universiteit van die Vrystaat gaan afskop.

Hier volg ‘n kort opsomming van 2016 en 2015 se uitslae:
A-simbole in 2015 was slegs 24, teenoor vanjaar se 50.
B-simbole in 2015 was 72, teenoor vanjaar se 102.
C-simbole in 2015 was 132, teenoor vanjaar se 166.
62 Leerders kan in 2017 aan ‘n universiteit van hul keuse gaan studeer teenoor verlede jaar se 38.
Uit die klas van 104 leerders, kan 96 van ons leerders vir tersiêre onderrig aansoek doen.

Baie geluk aan die matriekklas van 2016.  Ons is ongelooflik trots op elke Sannie wat die grootmenslewe betree.

Matriek kom

2011-10-28 092615