Sannies nuus

comments

MISS GOOD HEART – Kompetisie

Op 6 September het vier van ons meisies deelgeneem aan Miss Good Heart.  Die hoofkriteria vir die kompetisie was dat die meisies met afvalmateriaal vir hulleself klere moet maak. Daar was 5 verskillende kategorieë waarin hulle kon deelneem met 12 finaliste wat deurgedring het na die eindrondte.

Ons meisies het baie moeite gedoen met hulle uitrustings en dit was vir hulle ʼn onvergeetlike ondervinding waaruit hulle baie geleer het.

Twee van ons meisies is as wenners gekroon in hulle onderskeie afdelings.

Chanté Hellings is as Miss Good Heart-Recycling gekroon.  Juan-Marie Cilliers is as Miss Good Heart-Animals gekroon. 

Hulle wen elk ʼn week se vakansie vir twee mense by Gold Reef City en by die Krugerwildtuin.

As wenners moet hulle volgende jaar spesifieke verpligtinge nakom soos wat deur die kompetisie vereis word.

Sannies is baie trots op al die deelnemers.  Hulle het ons skool met trots verteenwoordig en ons skool se naam hoog gehou.  Baie geluk met julle uitstekende prestasie.

002  0012

 

IMG-20140812-WA0001

Van ons 13 netbalspanne speel 9 van ons spanne in die semi-finaal. Die 0/15A-,0/15B-, 0/14A-, 0/14B- 0/19B-spanne dring deur na die finaal wat gespeel is op 6 Augustus 2014.

Vier van hierdie spanne wen die liga, naamlik:

0/14A
0/14B
0/15B
0/19B

Sannies is baie trots op hulle.  

Hier is die trotse 0/15B-span saam met hulle afrigter, mev. M. Hager.  Mev. Hager was hierdie jaar ook die afrigter van die Vrystaat 0/17 span.

001

Sand du Plessis se /18B seunspan het Woensdag 06/08/2014 vir Bloemfontein Hoërskool in die finaal van die /18B stadsliga met 3 doele teen 0 geklop.

Die span bestaan uit :    

Garith Prior (Kaptein)
Johnny Venter (Onder-kaptein)
Francois Theron
Marchelle de Jager
Wian du Preez
Wayne Pietersen
Gerhard Fouché
Hanjo Bester
Barend Kriel
Wiaan Bonthuys
Marlo Strydom
Emile Mapaling
Matthew Gifford
Whiaan Boshoff
Matthys Botha

2011-10-28 092615