Sannies nuus

comments

0806 053704

“YESSSS!”

Dié woord uit sy eie mond en die skare se gejuig is al wat hy kan onthou.

JB la Cock (17), agtsteman van die Hoërskool Sand du Plessis van Bloemfontein se rugbyspan, het Saterdag in ’n wedstryd teen die Hoërskool Landboudal in Jacobsdal die wenkbroue laat lig toe hy met ’n strafskop die bal sowat 64m ver oor die dwarslat laat trek het.

“Ek het gestres, maar ek was nogal seker dat ek dit gaan doen. Ek het dit gevoel,” sê La Cock met ’n groot glimlag.

Hoewel Sand du Plessis 12-27 verloor het, is La Cock tevrede met sy eie vertoning. Met sy kanonvoet het hy al sy span se punte aangeteken.

“Dit sou goed wees om te wen, maar ek het steeds lekker gespeel.”

Volgens Roelof Kotze, sy afrigter, is La Cock se sukses danksy ure se harde werk en selfdissipline.

Volksblad 05/08/2014

 

2011-10-28 092615