Sannies nuus

comments

FRANCO SMITH BESOEK SANNIES!

franco2Franco Smith het by sy alma mater kom besoek aflê sodat ons aan hom kan geluk sê met sy besondere prestasies wat hy alreeds behaal het.

Die Shimlas van die Vrystaatse Universiteit het die Varsity Cup kompetisie gewen. Hy was die afrigter daarvan.

Franco is ʼn besonderse oudleerder en het uit sy ervaring met ons leerders gepraat. Sy boodskap aan ons leerders is as volg:

Waarvoor wag jy?

Werk jy hard!

Vir wie werk jy?

Ons hier by Sannies is baie trots op hom!

OUD SANNIES PRESTEER

RobertRobert Doubell jnr.

Baie geluk aan Robert Doubell jnr. wat as beste MBA student in analitiese metodes aangewys is. Op die foto is hy saam met sy ma, Annalize Doubell.

 

 

 

 

 

 

 

de beer2

 Jomari en Janika de Beer

Baie geluk aan die volgende oudleerders Jomari en Janika de Beer.

Jomari de Beer word as die beste student in B.Rek. Honneurs aangewys.

Janika de Beer is die beste finalejaarstudent in Verbruikerswetenskap en behaal ook die prestasie as die student met die beste prestasie oor drie studiejare.

Links is die gesin Jan en Johannette de Beer met Jomari en Janika.

IN MEMORIAM

Dit is met leedwese dat ons afskeid neem van Noeline Koekemoer wat tydens die vakansie gesterf het.

Noeline

HULDEBLYK

Aan my blom

Met jou eerste asemteug het jy

 Jou lig in die wêreld laat skyn ...

 

Alhoewel, volgens God se plan was

Jou menswees jare kort ... maar jou

siel is skoon en rein

 

Met jou hart en oë het jy net mooi

gesien in als en almal rondom jou

Soos ʼn Sagte somerbries het die geur

en mooi van jou menswens, oor ander

gewaai ... hulle laat vashou, aan ʼn

Blom so fraai...

 

Met hande gretig en antwoorde wys

het jy aan baie, oud en jonk

barmhartigheid bewys ...

 

Jou glimlag, stem en liefde my

Meisiekind, sal ek altyd met my dra...

en as iemand sou vra,

sal ek sê “ja, in God se Tuin is jy

 

Die Mooiste Blom ...”

 

Al my liefde Mamma

 

2011-10-28 092615