Sannies nuus

comments

0010Dit was vir ons Sannies vandag 'n groot voorreg om John Matthysen se rugbytrui waarin hy in 1974 gespeel het, te ontvang. John het in 1974 vir SA skole uitgedraf en was ook amptelik die eerste Sannie wat SA in rugby verteenwoordig het. Sy ouers Gwynneth en John Matthysen het dit namens hom oorhandig, omdat John ongelukkig in 2005 oorlede is.

Op die foto links oorhandig mnr. en mev. Matthysen die trui aan mnr. Du Buisson en Hennie Venter.

 

 

 

 

 

 

Foto’s van John Matthysen tydens sy skoolloopbaan

 0040  
0030  
0020  

00500

 

Krieket - 0/15 Seuns teen Grey G

Sannies wen met 9 paaltjies.

Beste bouler: Hanré Fouché: 2.4 overs 15 lopies en 3 paaltjies

Beste kolwer: Michael Armstrong: 27 lopies en nie uit nie.

Speler van die wedstryd: Hanré Fouché

Model van Hoërskool Sand du Plessis is op pad na Londen

'n Matriekleerling van Sannies het op Saterdag, 31 Januarie deelgeneem aan 'n nasionale modelkompetisie. Sy het weggestap met die titel: “Top Model SA”.

Van kleins af het Clarise gedroom om 'n topmodel te word, maar as gevolg van haar besige atletiekprogram het sy nooit tyd daarvoor gehad nie. Tydens 2014 het sy deelgeneem aan Mnr. en Mej. Sannies en daar het sy die modekontrak by E-Models gewen. By E-Models het hulle dadelik haar potensiaal raakgesien en is sy aangemoedig om aan die kompetisie Top Model Free State deel te neem. As wenner het sy deurgedring na die nasionale kompetisie.

As wenner sluit die internasionale modelagentskap, Boss Models met haar ʼn kontrak.

Die volgende uitdaging wat vir haar voorlê is die wêreldwye kompetisie wat in Londen gedurende Maart plaasvind.

Ons wens haar alle sterkte toe. Hoërskool Sand du Plessis is baie trots op haar en sy het ons volle ondersteuning.

 

2011-10-28 092615